THE KINGDOM HOTEL

Nuutste hotel by die Victoria-watervalle en die naaste hotel daaraan


Die Kingdom Hotel in Zimbabwe is ‘n luukse hotel aan die Zimbabwiese kant van die Victoria-watervalle. Die oord is die ideale keuse vir die besoeker wat op soek is na die geriewe van ‘n luukse hotel, ‘n pragtige natuuromgewing (soos die Victoria-watervalle), asook hotelvermaak soos ‘n casino, spa, talle restaurante en aktiwiteite vir kinders.

Die argitektuur van die luukse Kingdom Hotel in Victoria Falls stem ooreen met dié van die stad van Munhumutapa, hoofstad van ‘n antieke beskawing in Zimbabwe. Die akkommodasie by die Kingdom Hotel is waarlik luuks. Gaste word in 294 kamers gehuisves: 4 suites; 112 kamers met koningsgrootte beddens; 102 koningin-grootte beddens; 34 met koningsgrootte- en stapelbeddens; asook 40 met twee enkelbeddens en stapelbeddens. Al die kamers is en suite, en toegerus met lugversorging, satelliet-TV, telefoon, haardroër, kluis en tee/koffiestasie.

Saam met ‘n verskeidenheid restaurante (Whitewaters, die Burger Place, Thundercloud Spur, die Sweet Hut en Panarotti’s pizzeria), kroeë (Rapids Pool Bar, Quartermains Bar, Wild Thing Action bar, die “Pit”), casino (met slotmasjiene, “Black Jack” en Amerikaanse Roulette) en vier swembaddens, bied die luukse Kingdom Hotel in Victoria Falls, Zimbabwe ook ‘n besigheidsentrum en Internet-kafee, spa en skoonheidsalon, haarsalon, ‘n kinderspeelgrond met toesig, snuisterywinkels, en 24-uur kamerdiens. Rekeninge vanaf die restaurante en kroeë kan almal met een gesamentlike betaling vereffen word.

Victoria Falls in Zimbabwe is een van die erkende hoofstede van die adrenalienverslaafdes. Daar is “flips” met ‘n ligte vliegtuig oor die Valle, “white river rafting” en kajakroei op die Zambezi-rivier, rekspronge (“bungi-jumping”) van die treinbrug by die watervalle (vir die dapper siele), olifantritte, of swem in die “Duiwel se Poel” (‘n klein rotspoeletjie reg op die rand (“lip”) van die Victoria-watervalle. Laasgenoemde is sekerlik een van daardie ondervindings wat ‘n mens vir die res van jou lewe onthou!

  

  


Victoria Falls Ruskamp is islegs n km kmvan die Kingdom Hotel, maar hulle bied selfsorg akkommodasie. Vir die wat vanaf Victoria Falls na Bulaway gaan is daar Granite Ridge wat omring is deur die bekende Matobo Heuwels. Indien jy in Harare wil oornag na jou vakansie by die Kingdom Hotel moet jy Die Jameson Hotel oorweeg. die hotel is bekostigbaar, maar tog redelik luuks.

Namibie Akkommodasie

Min mense is bewus daarvan dat Namibië slegs 80 km van Victoria Falls is. Indien jy egter die kus wil besoek sal jy minstens twee dae moet toelaat vir die ry daarheen. Stop gerus by Etosha nasionale Park onderweg en vertoef 'n paar dae by Halali voordat jy jou reis na die kus voortsit. Swakopmund is bekend vir uitstekende hotelle en ander akkommodasie. Van die Kingdom Hotel by Victoria Falls kan jy tot by Mazambala Island Lodge in the Caprivi of Namushasha River Lodge langs die Kwando Rivier ry wat slegs 3 uur weg is. Drie dae se ry van Victoria Falls is die wêreld se hoogste sanduine by Sossusvlei. Hier kan jy by Sossusvlei Desert Camp in luukse selfsorg akkommodasie bly. Verder van Victoria Falls kan jy in Grunau Lodge, ook bekend as Grunau Motor Lodge oornag.

Botswana Akkommodasie

Mokolodi Natuur Reservaat bied selfsorg akkommodasie in 'n klein wildpark slegs 12 km van Gaborone die hoofstad van Botswana.